Grietjie kniel langs haar bed met die gestreepte grys deken. Netso op haar knieё lees sy die Bybel. Dan bid sy. “Ag, Here, dra my deur hierdie dag. Help my. Sit ’n wag voor my mond, maak elke woord uit my mond sag en soet.” Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van ’n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar. Wanneer haar seun deur ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op ’n beter lewe. Grietjie se geloof word getoets wanneer ’n tragedie die gesin tref. “Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”

Formato
EPUB
Protección
DRM Protected
Fecha de publicación
1 de agosto de 2023
Editor
Número de páginas
192
Idioma
Af
ePub ISBN
9780637002820
ISBN papel
9780637000741
Tamaño del archivo
1 MB
EPUB
EPUB accesibilidad

Funciones de accesibilidad

  • Tabla de contenidos navegable
suscribir

Sobre nosotros

Sobre De Marque Trabajos Contacta con nosotros Condiciones generales de utilización Política de privacidad Feedbooks.com is operated by the Diffusion Champlain SASU company