Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie. Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie. Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

Formato
EPUB
Protección
DRM Protected
Fecha de publicación
1 de marzo de 2022
Editor
Número de páginas
256
Idioma
Af
ePub ISBN
9781776351305
ISBN papel
9781776351299
EPUB
EPUB accesibilidad
El editor no ha proporcionado información sobre accesibilidad.
suscribir

Sobre nosotros

Sobre De Marque Trabajos Contacta con nosotros Condiciones generales de utilización Política de privacidad Feedbooks.com is operated by the Diffusion Champlain SASU company