Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in ’n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ’n bynes vas. Die brutale aanval op ’n Duitse toeris ontketen ’n rits gebeure wat ’n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ’n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ’n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ’n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by ’n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met ’n vreemde straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in ’n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ’n bynes vas. Die brutale aanval op ’n Duitse toeris ontketen ’n rits gebeure wat ’n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ’n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ’n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ’n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by ’n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met ’n vreemde straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.
Format
EPUB
Protection
DRM Protected
Publication date
June 01, 2016
Publisher
Page count
576
Language
Af
EPUB ISBN
9781415206683
Paper ISBN
9781415206935
EPUB
EPUB accessibility
The publisher has not provided information about accessibility.
1853537
item